THE OFFICIAL GHAPI WEBSITE

Terug...

 

Inleiding

Huisgenoot Tempo Toekenning wennner 2006:           Beste Rock Band

'n Tromspeler wat sing?  Ja,  raar maar waar!  Ghapi is die groot man,  met die groot stem,  met die groot bos hare,  wat sy groot tromstel aan die brand slaan!

Ghapi is in Januarie 2005 aan die publiek bekend gestel en het vinnig 'n reputasie met sy vierman groep opgebou as die nuwe Afrikaanse rock sensasie.  Ghapi se uitsonderlike vermoeë om met die gehoor te kommunikeer en hul te betrek by sy vertoning,  plaas sy optrede in 'n ander klas.

Ghapi het reeds drie nommer een treffers gehad:  In die diepkant in,  Ek wil jou hê en Dis net jy.  Ghapi behaal ook nommer vyf op Kovsie FM met  I Like It,  die snit  Wens  het nommer ses behaal op O – FM  en  Dis net jy  behaal nommer agt op Bay – FM.

Ghapi is nie 'n nuwe gesig in die musiekindustrie nie.  Hy het ses en twintig jaar se ondervinding agter die blad.  Meeste mense het Ghapi tussen 1989 en 2004 leer ken as die sanger en tromspeler van die groep Georgia.

Ghapi het sy eerste CD,  In Die Diepkant In,  gedurende KKNK 2005 vrygestel.  'n Groot verskeidenheid van die snitte op die CD word landwyd oor radiostasies gespeel,  en selfs 'n Duitse radiostasie het dit goed gedink om van die liedjies op hul speellys te plaas.  Ses van Ghapi se musiekvideo's is huidiglik te sien op MK89 en kykNET.  Sy eerste DVD,  ook genaamd,  In Die Diepkant In,  is Maart 2007 vrygestel.  Die nuwe CD,  Wie Ek Is . . . is              28 Junie 2008 by Innibos Kunstefees vrygestel.

Die naam Ghapi is afkomstig van Philip se bynaam,  Guppy.  As baba was Ghapi geweldig lewendig en het sy pa hom na die bedrywige vissie vernoem.  "My nuwe naam moet so eg aan my wees soos my bos hare,  en wat beter as my bynaam?  Ek het die spelling aangepas sodat dit 'n unieke woord is."

Ghapi se naam het van Sondag 26 Augustus 2006 gereeld in die media verskyn.  Ghapi was die skrywer en komponis van die liedjie  Idol  wat deur die wenner van  Idols,  Dewald Louw gesing word.

Ghapi is nie net 'n sanger,  skrywer,  komponis en tromspeler van formaat nie,  maar bestuur ook sy eie platemaatskappy,  Rock Till You Drop Records.  Die CD en DVD,  In Die Diepkant In,  is deur die maatskappy vrygestel.

 

Geskiedenis

Ghapi se loopbaan het in 1983 begin as deel van die familiegroep,  Love Corporation.  In 1989 stig die drie broers af,  en Georgia sien die lig.  Georgia het vinnige 'n reputasie opgebou as een van Suid - Afrika se mees veelsydige musiekgroepe.  Hulle was nie net bekend vir hul uitstaande publieke optredes nie,  maar word ook hooggeag as indivuduele sessie musikante.

Vanaf 1989 het Ghapi as lid van Georgia by 'n verskeidenheid van nagklubs en vakansie oorde opgetree: 

 

Chillers

Randburg

Natchez

Pretoria

The Workshop

Bloemfontein

Roxy's

Melville

Varsity Blues

Bloemfontein

Sun International

Carousel & Sun City

Bourbon Street

Potchefstroom

Cocomo's Theatre

Klerksdorp

Star Studio's

Sheraton Hotel,  Pretoria

Boston Tea Party

Pretoria

Firkin 

Pretoria

 

Universiteite:

 

UP  (Tuks)

Jool,  Lentedag en Koshuisfunksies

RAU

Jool,  Lentedag en Koshuisfunksies

PUK

Jool,  Lentedag en Koshuisfunksies

 

Korporatiewe funksies:

 

Express Photo

Namibia Breweries Limited

GEM Events Marketing

RCI

SAB

Mercedes - Benz

Sun International

Christian Dior  (Goodman Brothers)

SABS

Guinness Book of World Records  (Great 400)

Idols

 

Motorfiets sametrekkings  (Biker Rally"s):

 

The Warthog Rally

The Knight's Rally

Steel Wings Harley Davidson Club

Black Steer Rally  2002 / 2003 / 2004

Black Stallion Rally  2002 / 2003 / 2004

Annual South African Toy Run  2000 / 2001 / 2002

 

Welwillendheid:

 

Conrad's Dream Benefit Fund  (Johannesburg,  Uvongo,  Estcourt,  Centurion

FARMSA Pretoria

Stars for Charity

Trans Oranje Skool vir Dowes

 

 

Georgia,  The Lemmings,  Amersham en Mean Mr. Mustard toer dwarsoor   Suid - Afrika gedurende die 1996 National Summer Surf Tour.

Gedurende Oktober 1997 sluit Georgia 'n drie maande kontrak met Sun International om op te tree in Trader's Horn,  Sun City.  Die kontrak word verleng tot einde April 1999.

Gedurende die tydperk word die David's Confession,  About Time projek opgeneem in samewerking met mede musikant en vriend,  Mel Botes.  Die projek word vrygestel as 'n teatrale produksie.  'n Drie maande nasionale toer volg in ondersteuning van die album.                                                          (Hierna verwys na David's Confession as D/C).

Gedurende Julie 1999 keer die twee broers terug na die  "club scene"  as Georgia.  Hulle het vyf tot ses keer per week opgetree by verskeie venues soos:

 

Caesar's Casino

Firkin

The Workshop

Boston Tea Party

The Carousel

Hurricane's

 

As gevolg van hul gewildheid,  het hulle gereeld opgetree by musiekfeeste,  korporatiewe funksies asook privaat funksies.

Georgia het die Afrikaanse mark verras met hul eerste Afrikaanse CD,  Langpad;  en twee jaar daarna die CD,  Half.  Hul optredes by die volgende feeste was 'n reuse sukses:

 

Aardklop  2000 / 2001 / 2002 / 2003 / 2004 

KKNK  2001 / 2002 / 2003 / 2004

Sonskynfees  2002

Gariepfees  2002 / 2003

Opening van Skouspel  2002 / 2003

Vredendal Rittelfees  2003

Upington Skou 2003

Grahamstown Festival 2004

Kookpuntfees 2004

Biltongfees 2003

Zoutpansberg Skou 2003

Bank Windhoekfees 2003 

 

Beskikbare produkte

 

1990

LP

Georgia

Self getiteld

Trio Records

1996

EP

Georgia

Sell Out

Gallo

1999

CD

David's Confession

About Time

Pri - Media

2001

CD

Georgia

Langpad

Rock Till You Drop Records

2003

CD

Georgia

Half

Rock Till You Drop Records

 

Sessie werk  (Session work)

 

William Blackrose

Laurika Rauch

Top Sport

Gladiator CD

Shell road to fame

Kellogg's Theme

Karla du Plessis

Steyn en Elvira Fourie

 

Gaskunstenaars en noemenswaardige optredes

 

1997

The Carousel New Year's Party

Georgia

1997 / 8

Carols by Candlelight,  Sun City

Georgia

1998

Hootie and the Blowfish

D/C

1998

Anna Vici

D/C

1998

Kora Awards                             (All African music awards)

D/C

1998

Rumba in the Jungle,  Sun City

D/C

1998

Sun City New Year's Party,  Superbowl

D/C

1999

Sun City Millennium Bash,    Valley of the Waves

Indivuduele optredes deur Andries,  Ghapi,  Georgia en D/C

2002

Guinness Book of World Records  (Great 400)

Georgia

2003

Afskopfees te KKNK

Georgia

2004

Springbok Bar  (UK)

Georgia

 

David's Confession optredes bygewoon deur

 

Michael Jackson

Sarah Brightman

Michael Flatley  (Lord of the Dance)

 

Die volgende kunstenaar is deur Georgia begelei  (Backing band)

 

Patricia Lewis

Gene Rockwell

Tommy Oliver

Lance James

Ken Mullen

Sally Vaughn

Tommy Dell

Clive Bruce

Jody Wayne

Bobby Angle

Al Debo

Barbara Ray

 

Geraas Musiek Toekennings 2003

 

Wenners van

Beste lewendige optrede  (Best live band / performance)

Finaliste in

Beste duo / groep

 

SAFFAFFAIR Festival 2004

Georgia word genooi om by die SAFFAFFAIR Festival,  Earls Court,  London op te tree 29 & 30 Mei 2004.  Die fees word ongelukkig op kort kennisgewing gekanselleer,  maar Georgia tree wel op in die Springbok Bar,  Covent Garden,  London,  UK.

 

Golden Web Award

Georgia ontvang 'n Golden Web Award vir die beste webblad in hul kategorie.

 

KANNA Toekennings KKNK 2004

Georgia word genomineer vir beste kontemporêre groep vir hul optrede in die produksie:  Ons Eet Steeds Kreef,  aangebied en geborg deur Rooi Rose.

 

 

 

GHAPI:  January 2005

TOP 20 Treffers

 

Nommer 1

In die diepkant in

Valley FM

Nommer 1

Ek wil jou hê

Radio Laeveld

Nommer 1

Dis net jy

Radio Laeveld

Nommer 5

I like it

Kovsie FM

Nommer 6

Wens

O - FM

Nommer 8

Dis net jy

Bay - FM

 

Sessie werk  (Session work)

 

Gerrie Pretorius

DVD (Amore)

Tromme

Nicholis Louw

DVD / CD

Tromme

Gerrie Pretorius

CD / DVD  (Swing)

Stem / Duet

Deon van der Merwe

DVD

Perkussie

Juanita du Plessis

DVD

Tromme / Stem

Dewald Louw 

(Idol wenner)

Realiteitsprogram / CD

Tromme / Agtergrond sanger

Idols

Realiteitsprogram

Duet saam met Valeska

Valeska  (Idol Top 7)

Musiekvideo vir MK89

Stem / Duet

Anna Davel

CD

Stem / Duet

Gerrie Pretorius

DVD (Bles)

Tromme

 

Ghapi was ook te sien

 

PUK Jool  2005 / 2008

Potchefstroom

Kuruman Skou 2005

Kuruman

Geelstertfees 2005 / 2007

Struisbaai

Whoosh Fees 2005

Worcester

KKNK 2005 / 2006 / 2007 / 2008

Oudtshoorn

Round Table 2005 / 2006 / 2007 / 2008

Suid - Afrika

Super 12 Rugby 2005

Securicor Loftus

Secunda Skou 2005

Secunda

Innibos Kunstefees 2005 / 2006 / 2007 / 2008

Nelspruit

Volksblad Kunstefees 2005 / 2007 

Bloemfontein

Calvinia Hantam Vleisfees 2005

Calvinia

Gariep Kunstefees 2005

Kimberley

Two Sharps 2005

kykNET

Aardklop 2005 / 2006 / 2007

Potchefstroom

Dis hoe dit is met Steve 2005 / 2006 / 2007 / 2008

kykNET

Matzikama Rittelfees 2005 / 2007

Vredendal

Stokkiesdraaifees 2005

Wellington

Dis hoe dit is met Steve saam met Blackie Swart en Oom Manie Bodenstein 2005

kykNET

Gons 2005 / 2006

MK89

Opskop op Loskop 2006 / 2007

Aventura Loskop

Garnaalfees 2005 / 2006

Komatipoort

Want ons kan Konsert 2006 / 2007

Belville

Malmesbury M.O.L Fees 2006 / 2007

Malmesbury

Idols Top 7  2006

kykNET

Idols Top 5  2006

kykNET

Idols Finalè  2006

kykNET

Kalahari Kuierfees  2006 / 2007

Upington

Noot vir Noot 2007

SABC 2

Liriekeraai 2007

kykNET

Glitterati 13 Oktober 2007

kykNET

 

 

 

Toekennings en Nomminasies

 

Wenner

Huisgenoot Tempo Toekenning

Beste Rock Groep 2005 / 6

Nomminasie

Vonk Oskar Toekennings

Beste Musiek Video 2005 / 6

Nomminasie

Vonk Oskar Toekennings

Beste Nuweling 2005 / 6

Nomminasie

Vonk Oskar Toekennings

Beste Rock Album 2005 / 6

Nomminasie

Vonk Oskar Toekennings

Beste DVD 2006 / 7

 

Ghapi produkte beskikbaar

 

Ghapi

In die diepkant in

CD    2005

Ghapi

In die diepkant in

DVD  2007

Ghapi

Wie ek is . . .

CD    2008

 

Ghapi was ook gedurende 2006 deel van  Huisgenoot 90:  Die Konsert !  saam met Pedro Kruger,  Bobby van Jaarsveld,  Emo Adams,  David Fourie,  Bianca le Grange,  Jolette Odendaal en Suzanne.  Daar was 30 vertonings aangebied deur die loop van die jaar reg oor Suid - Afrika.

 

Ghapi het sy eie tromskool en talle jong en oud aspirant trommers neem by hom klas.

 

Ghapi het sy eie klankopname ateljee,  Rock Till You Drop Studio's,  en sy eie platemaatskappy / verspreidingsmaatskappy,  Rock Till You Drop Records.  Die drie besighede word in samewerking met RTYD Management and Promotions bestuur.